Kids Book (Afr) – Snowy 2-in-1

Kids Book (Afr) – Snowy 2-in-1

R125.00

Kids Book (Afr) – Snowy 2-in-1

20 in stock

Kids Book (Afr) - Snowy 2-in-1 Sagte band (Angus Buchan) Children 5 - 8 years, 100 x full colour pages

BOEK 1

Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas.

Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, ’n baie kwaai en knorrige perd. Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.

Elke storie word gekomplementeer met ’n teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met ’n plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskille en doolhowe.

Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou ’n gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.

BOEK 2

Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy gunsteling perd Snowy. Snowy en sy vriende is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid.

Snowy en sy maats deel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe die lammetjie Mê weggedwaal het van sy mamma, of toe Rooies die haan in die moeilikheid beland het omdat hy nie na goeie raad wou luister nie.

Elkeen van die 11 stories word gekomplementeer met ’n teksvers en gebed. Kinders tussen 5 en 8 jaar sal ook hou van die prettige aktiwiteit, soos legkaarte, soek die verskille en doolhowe.

Additional information

Weight 0.29 g
Dimensions 230 × 10 × 230 mm

Cart